Doen-dit-self berekenings



Sekuriteits wenke
     




Veilige hawe

Kry gemoedsrus met wêreldgehalte-sekuriteit wat perfek by jou en jou gesin se behoeftes pas


Veiligheid eerste

Jy kan jou huis en gesin met sekerheidsprodukte van jou verbruikerskampioen, Cashbuild, beskerm. Jy hoef nie verder te kyk as Cashbuild om al jou sekuriteitsbenodigdhede te bekom nie.


'n Veilige hawe

In jou huis behoort jy veilig en beskerm te voel. Ongelukkig kry misdadigers dikwels 'n manier om jou persoonlike ruimte binne te dring, maar met 'n paar basiese voorsorgmaatreëls kan jy jou gesin se lewensgehalte aansienlik verbeter.


Omhein jou bates

Wil jy jou eiendom beveilig en dit terselfdertyd nog beter laat vertoon? Dan is 'n palissadeheining net die ding waarna jy soek. Dit word algemeen gebruik as alternatief vir beton- of baksteenmure en is taamlik maklik om op te rig mits dit op gelyk grond is.


Laat die lig skyn

Praat van ligte en jy dink dadelik aan jou beligting binne die huis, maar moenie van hallogeen-buiteligte en slim beligting in jou tuin vergeet nie. Dit kan 'n groot verskil maak – nie net om jou veilig en gerus in jou huis te laat slaap nie, maar ook om die huis en tuin op hul beste te laat vertoon.


Maak lig

Suid-Afrikaners is die grootste verbruikers van krag op die hele vasteland, veral in die stedelike gebiede waar almal woel en werskaf. Met energiebesparende beligting kan koste en krag bespaar word. En dit is baie makliker om dié soort beligting te gebruik as wat jy dalk dink.


Kry 'n nuwe slot

Wanneer 'n mens die woord "instandhouding" hoor, dink jy onwillekeurig aan die uitdagende projekte soos verf, die herstel van lekkasies en krake of die opknapping van die oprit. Klein dingetjies soos deurslotte word maklik misgekyk, al speel dit 'n deurslaggewende rol om jou huis en gesin te beveilig.


Veilig en beskut

Ons wil almal graag weet ons huis is veilig – selfs wanneer ons nie daar is nie. As jy op en wakker is en basiese veiligheidsmaatreëls in en om jou huis volg, kan dit jou groter gemoedsrus gee, want dan weet jy jy het alles in jou vermoë gedoen om enige bedreigings vir jou veiligheid tot die minimum te beperk.


Veilig toegesluit

Ons kan nie net op die polisie en die buurtwag staatmaak om ons veilig te hou nie – gesinsveiligheid begin by onsself in ons eie huis. Dit is as't ware 'n selfdoenprojek. 'n Mens moet self alles moontlik doen om jou huis teen indringers te beskerm. Begin met 'n sterk veiligheidshek voor jou buitedeure.


View Cashbuild's FanPage View Cashbuild's Linkedin Page View Cashbuild's Twitter handle View Cashbuild's Channel