Doen-dit-self berekenings



Loodgieter wenke
     




Stort en bespaar

Deesdae is ons almal pynlik bewus van die noodsaaklikheid van waterbesparing – én elektrisiteitsbesparing, veral weens toekomstige skerp tariefstygings wat in die vooruitsig gestel word.


Stop die gedrup

Dit sal die een of ander tyd in jou huis gebeur – die gedrup van 'n lekkende kraan sal jou tot raserny dryf. En met elke druppel styg jou waterrekening. Kenners raam dat 'n lekkende kraan tot 1 000 liter water per maand kan vermors.


Kikker jou badkamer op

Net mooi niks streel die dag se spanning so goed weg soos 'n luilekker, lang bad of die sensasie van honderde waterdruppels op jou moeë lyf terwyl jy in die stort staan nie. Maar kan jy regtig sorgvry in jou badkamer ontspan of moet jy elke keer teen alles vaskyk waaraan jy dringend aandag moet gee?


Buitekraan-gerief

Het jy 'n kraan buite jou huis nodig? Of wil graag joune na 'n geriefliker plek verskuif sodat jy makliker die tuin kan natgooi? Dis doodmaklik en vinnig: Volg net ons stap-vir-stap-aanwysings.


Spoel en spaar

Loodgieters is duur, maar as jy self die herstelwerk kan doen, sal jy beslis 'n paar rand spaar. Om die klepmeganisme in jou toilet se spoelbak self te vervang is 'n eenvoudige taak wat jy sonder 'n professionele loodgieter kan doen.


Bly in die warm water

Een van die groot lekkertes van die winter is om ná 'n lang, koue dag jou bibberende lyf in die saligheid van 'n warm bad te laat wegsink. Maar dan wil jy nie tot jou skok ontdek jou badwater voel meer soos die yswater van die Suidpool as die tropiese water om die ewenaar nie.


Meer as net 'n kraan

Die regte kraan kan jou badkamer 'n ontwerpervoorkoms gee. En danksy die groot verskeidenheid Isca-mengkrane wat by jou verbruikerskampioen Cashbuild te kry is, sal jy beslis die regte styl en grootte vind.


Vervang 'n toiletsitplek en installeer 'n toiletrolhouer

Jy benodig 'n wit houttoiletsitplek, toiletrolhouer, alkant-kleefband, Phillips- skroewedraaier, waterpas.


Verseël 'n lekkende toilet

Jy benodig 'n Marley-wasverseëlring vir toilette, Cashbuild wit glansemaljeverf, 50 mm-verfkwas.


 
Shop Online View Cashbuild's FanPage View Cashbuild's Linkedin Page View Cashbuild's Twitter handle View Cashbuild's Channel View Cashbuild's Channel