Het jy groen vingers? Cashbuild het al die gereedskap
wat jy nodig het om jou struike welig te laat groei en
jou beddings kleurryk te laat blom, vir baie mense is tuinmaak terapeuties;
niks laat jou frustrasies so vinnig wyk en
jou hart so flink klop soos ’n bietjie woel en
werskaf in die tuin nie.
Dalk is jy een van daardie mense wat afgeskrik word van tuinwerk omdat jy nie die
kennis of gereedskap van 'n ervare tuinier het nie. En al ken jy die verskil tussen 'n hark en 'n skoffel, weet jy nie so mooi waarvoor jy elkeen kan gebruik nie. Die verbruikerskampioen Cashbuild het nie net al die toerusting en materiaal wat jy nodig het om jou huis in stand te hou nie, maar ook tuingereedskap om jou tuin op sy beste te laat lyk.